1. FC Keulen

Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.
1. FC Köln

Volledige naam 1. Fußball-Club Köln
01/07 e.V.
Stigtingsdatum 13 Februarie 1948
Tuisveld RheinEnergieStadion,
Keulen
Kapasiteit 50 000
Kompetisie Bundesliga
Die RheinEnergieStadion

1. FC Keulen is 'n Duitse sportklub uit Keulen wat op 13 Februarie 1948 ontstaan het deur 'n samesmelting tussen Kölner BC 01 en SpVgg Sülz 07.

FC Keulen was een van die 16 klubs wat aan die eerste Bundesligaseisoen deelgeneem het en was ook die eerste Bundesligakampioen. In die 1977/78-seisoen het die span die sogenaamde “dubbel” gewen, maar in die jare '80 het die klub geleidelik agteruit begin boer. In 1999 is FC Keulen vir die eerste keer na die Bundesliga 2 gerelegeer.

FC Keulen speel sy tuiswedstryde op die RheinEnergieStadion, vroeër bekend as die Müngersdorf Stadion.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne