![]()
| ||
Datum | 23 Februarie 1939 | |
Plek | Biltmore Hotel, Los Angeles, Kalifornië | |
Aanbieder | Geen | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | You Can't Take It with You | |
Meeste pryse | The Adventures of Robin Hood (3) | |
Meeste benoemings | You Can't Take It with You (7) |
Die 11de Oscar-toekenningsaand is op 23 Februarie 1939 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences gehou om erkenning te gee aan rolprente van 1938.[1] Dit was die eerste Oscar-aand sonder ’n amptelike aanbieder. Dit was ook die eerste jaar waarin ’n anderstalige rolprent as beste prent benoem is: Jean Renoir se La Grande Illusion.
Dit was die eerste van net twee keer in die geskiedenis van die Oscars dat drie van die vier pryse vir toneelspel gegaan het aan wenners wat dit al voorheen gewen het; slegs Fay Bainter was ’n eerste wenner. Die enigste ander keer was by die 67ste Oscar-toekenningsaand in 1994. Boonop was Spencer Tracy die eerste van net twee akteurs wat dit twee jaar agtereenvolgens gewen het; die ander akteur was Tom Hanks in 1994.