14de Oscar-toekenningsaand

  14de Oscar-toekenningsaand 

Datum 26 Februarie 1942
Plek Biltmore Hotel,
Los Angeles
Aanbieder Bob Hope
Pryse & benoemings
Beste rolprent  How Green Was My Valley
Meeste pryse  How Green Was My Valley (5)
Meeste benoemings  Sergeant York (11)
Gary Cooper en Joan Fontaine met hul Oscars op ’n partytjie ná die seremonie.

Die 14de Oscar-toekenningsaand is op 26 Februarie 1942 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences gehou om erkenning te gee aan rolprente van 1941. Agterna beskou was die seremonie bekend daarvoor dat Citizen Kane nie die Oscar as beste prent gewen het nie.[1] Die wenner was How Green Was My Valley. John Ford het sy derde Oscar gewen vir beste regisseur, ook vir How Green Was My Valley.

Die aandag was gevestig op die wedywering om die prys vir beste aktrise tussen twee susters, Joan Fontaine in Alfred Hitchcock se Suspicion en Olivia de Havilland vir Hold Back the Dawn. Fontaine het die Oscar gekry – sy was die enigste akteur in ’n Alfred Hitchcock-prent wat ooit vir toneelspel gewen het.

Dit was die eerste jaar waarin dokumentêre prente ingesluit is. Die eerste Oscar vir ’n dokumentêr was vir Churchill's Island.

The Little Foxes het ’n nuwe rekord opgestel met nege benoemings sonder om ’n enkele Oscar te wen. Dit is geëwenaar in 1957 met Peyton Place en oortref in 1977 met The Turning Point en The Color Purple, albei met 11 benoemings.

  1. Kehr, Dave, "Big, Important Picture? Sure. But Is It Best?" The New York Times, 31 Desember 2008

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne