15de Dinastie van Egipte

Die 15de Dinastie (ook Dinastie XV geskryf; omstreeks 1650-1550 v.C.)[1] was ’n koningshuis van Antieke Egipte wat tydens die Tweede Oorgangstydperk regeer het.

Dit was die eerste Hyksos-dinastie en hulle het van Avaris af regeer. Hulle het nie beheer oor die hele land gehad nie. Hulle het verkies om in Noord-Egipte te bly omdat hulle die land van die noordooste af binnegekom het. Die name en volgorde van die konings is nie heeltemal seker nie.

  1. Shaw, Ian, red. (2000). The Oxford History of Ancient Egypt. Oxford University Press. p. 481. ISBN 0-19-815034-2.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne