17de Oscar-toekenningsaand

  17de Oscar-toekenningsaand 

Datum 15 Maart 1945
Plek Grauman se Chinese teater,
Los Angeles
Aanbieder John Cromwell
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Going My Way
Meeste pryse  'Going My Way (7)
Meeste benoemings  Going My Way
en Wilson (10 elk)
Bing Crosby
Ingrid Bergman
Bob Hope

Die 17de Oscar-toekenningsaand is op 15 Maart 1945 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1944. Dit was die eerste keer dat die seremonie landwyd oor ABC Radio uitgesaai is.

Dit was ook die eerste keer dat die benoemings vir beste rolprent tot vyf beperk is en die eerste en laaste keer dat iemand vir beste akteur én beste manlike byspeler vir dieselfde rol in dieselfde prent benoem is. Barry Fitzgerald is vir albei kategorieë benoem vir die rol van vader Fitzgibbon in Going My Way. Hy het die Oscar vir beste manlike byspeler gewen.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne