1968 Suid-Afrikaanse Grand Prix

  1968 Suid-Afrikaanse Grand Prix
Wedrengegewens
Wedren 1 van 12 in die 1968 Formule Een-seisoen
Kyalami Grand Prix-renbaan (1967–1985)
Kyalami Grand Prix-renbaan (1967–1985)
Datum 1 Januarie 1968
Amptelike naam Tweede AA Suid-Afrikaanse Grand Prix
Plek Kyalami, Midrand
Transvaal, Suid-Afrika
Baan Permanente renfasiliteit
4.104 km (2.550 mi)
Afstand 80 rondtes, 328.320 km (204.009 mi)
WeerBaie warm, droog
Voorste wegspringplek
Bestuurder Vlag van Verenigde Koninkryk Jim Clark Lotus-Ford
Tyd 1:21.6
Vinnigste rondte
Bestuurder Vlag van Verenigde Koninkryk Jim Clark Lotus-Ford
Tyd 1:23.7 op rondte 73
Podiumplekke
Eerste Vlag van Verenigde Koninkryk Jim Clark Lotus-Ford
Tweede Vlag van Verenigde Koninkryk Graham Hill Lotus-Ford
Derde Vlag van Oostenryk Jochen Rindt Brabham-Repco


Die 1968 Formule Een Suid-Afrikaanse Grand Prix het op 1 Januarie 1968 op die Kyalami Grand Prix-renbaan naby Johannesburg, Suid-Afrika plaasgevind. Die ren was amptelik die Tweede AA Suid-Afrikaanse Grand Prix genoem. Dit was die eerste wedren van die 1968-Wêreldkampioenskapseisoen vir bestuurders en die Internasionale Beker vir Formule Een-vervaardigers in 1968.

Die wedren van 80 rondtes is deur die tweemalige wêreldkampioen vir jaers en die 1965 Indianapolis 500-wenner, Jim Clark, met 'n Lotus-Ford gewen, nadat hy in die voorste plek weggespring het.[1] Die ren was nie net die laaste Formule Een-ren wat Clark gewen het nie, maar ook die laaste waarin hy ooit deelgeneem het, weens sy noodlottige ongeluk op die Hockenheimring in Duitsland drie maande later.

Tydens hierdie wedren het Team Gunston die eerste Formule Een-span geword om hul motors in hul borg se kleure te verf, toe hulle vir John Love 'n privaat Brabham en 'n LDS vir Sam Tingle ingeskryf het.

  1. Lang, Mike (1982). Grand Prix! Vol 2. Haynes Publishing Group. pp. 60–61. ISBN 0-85429-321-3.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne