Datums | 11 Julie - 22 Augustus |
---|---|
Kampioen | Suid-Afrika (1 titels) |
Wedstryde gespeel | 6 |
Drieë gedruk | 22 (3.67 per wedstryd) |
Bywoning | 295 697 (49 283 per wedstryd) |
Meeste punte | Matt Burke (50) |
Meeste drieë | Matt Burke (3) |
← 1997 1999 → | |
Die 1998-Drienasiesreeks was die derde keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 11 Julie tot 22 Augustus oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Suid-Afrika het die toernooi vir die eerste keer gewen nadat hulle al die vier wedstryde gewen het. Buitendien het Australië die Bledisloebeker ingepalm, wat die vorige drie jaar deur Nieu-Seeland gewen is.
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]