![]()
| ||
Datum | 16 Mei 1929 | |
Plek | Hollywood Roosevelt Hotel, Hollywood | |
Aanbieder | Douglas Fairbanks | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Wings[1] | |
Meeste pryse | Seventh Heaven Sunrise: A Song of Two Humans (3 elk) | |
Meeste benoemings | Seventh Heaven (5) |
Die 1ste Oscar-toekenningsaand deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences (AMPAS) is op 16 Mei 1929 gehou om die beste rolprente van 1927 en 1928 aan te wys. Dit is gehou met ’n privaat aandete in die Hollywood Roosevelt Hotel in Los Angeles, Kalifornië. Die AMPAS-president, Douglas Fairbanks, was die aanbieder. Kaartjies het $5 gekos, 270 mense het dit bygewoon en die toekennings het 15 minute geduur. Dit is die enigste Oscar-seremonie wat nie oor die radio of op televisie uitgesaai was nie.
Die pryse, toe nog bekend as Academy Awards, is in 12 kategorieë toegeken en Charlie Chaplin en Warner Brothers het erepryse ontvang.[2][3]
Wenners sluit in Seventh Heaven en Sunrise: A Song of Two Humans (3 pryse elk) en Wings (2 pryse).
<ref>
tag; no text was provided for refs named dirk