Datums | 15 Julie - 26 Augustus |
---|---|
Kampioen | Australië (1 titels) |
Wedstryde gespeel | 6 |
Drieë gedruk | 29 (4.83 per wedstryd) |
Bywoning | 381 655 (63 609 per wedstryd) |
Meeste punte | Stirling Mortlock (71) |
Meeste drieë | Christian Cullen (7) |
← 1999 2001 → | |
Die 2000-Drienasiesreeks was die vyfde keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 15 Julie tot 26 Augustus oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Australië het die toernooi vir die eerste keer gewen nadat hulle drie wedstryde gewen het. Buitendien het Australië die Bledisloebeker vir die derde agtereenvolgende keer behou, nadat die All Blacks en die Wallabies elkeen een wedstryd gewen het.
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]