Datums | 21 Julie - 1 September |
---|---|
Kampioen | Australië (2 titels) |
Wedstryde gespeel | 6 |
Drieë gedruk | 13 (2.17 per wedstryd) |
Bywoning | 314 356 (52 393 per wedstryd) |
Meeste punte | Matt Burke (53) |
Meeste drieë | Pita Alatini (2) |
← 2000 2002 → | |
Die 2001-Drienasiesreeks was die sesde keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 21 Julie tot 1 September oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Australië het die toernooi vir die tweede keer gewen en sodoende hul titel suksesvol verdedig. Buitendien het Australië die Bledisloebeker vir die vierde agtereenvolgende keer behou, nadat hulle die All Blacks in albei wedstryde geklop het.
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]