Datums | 13 Julie - 17 Augustus |
---|---|
Kampioen | ![]() |
Wedstryde gespeel | 6 |
Drieë gedruk | 32 (5.33 per wedstryd) |
Bywoning | 306 764 (51 127 per wedstryd) |
Meeste punte | ![]() |
Meeste drieë | ![]() |
← 2001 2003 → | |
Die 2002-Drienasiesreeks was die sewende keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 13 Julie tot 17 Augustus oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die vierde keer gewen. Nietemin het Australië die Bledisloebeker vir die vierde agtereenvolgende keer behou, nadat die All Blacks en die Wallabies elkeen een wedstryd gewen het.
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]