2006 Super 14 | |
![]() | |
Amptelike logo
| |
Deelnemende lande | ![]() ![]() ![]() |
---|---|
Kampioen | ![]() |
Wedstryde gespeel | 94 |
Drieë gedruk | 447 (gem. 4.755 per wedstryd) |
Meeste punte aangeteken | 221 Dan Carter (Crusaders) ![]() |
Meeste drieë gedruk | 10 Lome Fa’atau (Hurricanes) ![]() |
Die 2006 Super 14-seisoen het in Februarie 2006 afgeskop met voorseisoenwedstryde wat van middel Januarie gespeel is. Dit het op 27 Mei ten einde geloop. Die 2006-seisoen was die eerste van die vergroting van die kompetisie, wat gelei het tot die verandering van Super 12 na Super 14. Die skedule was oor ’n tydperk van 3½ maande met 94 wedstryde waarvan elke span een keer teen elk van die dertien ander spanne gespeel het (in ’n rondomtalietoernooi) plus twee halfeindrondes en een eindronde. Elke span het een loslootjie oor die veertien rondes gekry.