Datums | 16 Junie - 21 Julie |
---|---|
Kampioen | Nieu-Seeland (8 titels) |
Wedstryde gespeel | 6 |
Drieë gedruk | 19 (3.17 per wedstryd) |
Bywoning | 306 996 (51 166 per wedstryd) |
Meeste punte | Dan Carter (62) |
Meeste drieë | Tony Woodcock Matt Giteau (2 elk) |
← 2006 2008 → | |
Die 2007-Drienasiesreeks was die twaalfde keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 16 Junie tot 21 Julie oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Dit is vroeër en korter as in 2006 gehou omdat die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word. Nieu-Seeland het die toernooi vir die agtste keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat weggestap het. Dan Carter van Nieu-Seeland het die meeste punte aangeteken. Tony Woodcock van Nieu-Seeland en Matt Giteau van Australië het elk twee drieë gedruk.
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]