Die 2008 Formule Een Franse Grand Prix het op 22 Junie 2008 op die Nevers Magny-Cours-renbaan plaasgevind. Die was die agtste wedren van die kampioenskap. Felipe Massa het die ren gewen, met sy spanmaat Kimi Räikkönen in die tweede plek. Massa het na dié ren 'n tweepuntvoorsprong oor Kubica gehou, vyf punte voor Räikkönen en tien punte voor Lewis Hamilton in die kampioenskap.