2009 Super 14 | |
Amptelike logo
| |
Deelnemende lande | Australië Nieu-Seeland Suid-Afrika |
---|---|
Kampioen | Bulls (2de titel) |
Wedstryde gespeel | 92 |
Drieë gedruk | 506 (gem. 5.5 per wedstryd) |
Meeste punte aangeteken | 189 Morné Steyn (Bulls) |
Meeste drieë gedruk | 9 Ma’a Nonu (Hurricanes) |
Die 2009 Super 14-seisoen het in Februarie 2009 afgeskop met voorseisoenwedstryde wat van middel Januarie gespeel is. Dit het op 30 Mei ten einde geloop. Die 2009 seisoen was die vierde van die vergrote kompetisie, wat gelei het tot die verandering van Super 12 na Super 14. Die skedule was oor ’n tydperk van 3½ maande met 94 wedstryde waarvan elke span een keer teen elk van die dertien ander spanne gespeel het (in ’n rondomtalietoernooi) plus twee halfeindrondtes en een eindrondte. Elke span het een loslootjie oor die veertien rondtes gekry.