Datums | 18 Julie - 19 September |
---|---|
Kampioen | Suid-Afrika (3 titels) |
Wedstryde gespeel | 9 |
Drieë gedruk | 27 (3 per wedstryd) |
Bywoning | 390 227 (43 359 per wedstryd) |
Meeste punte | Morné Steyn (95) |
Meeste drieë | Matt Giteau (3) |
← 2008 2010 → | |
Die 2009-Drienasiesreeks was die 14de keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 18 Julie tot 19 September oor nege wedstryde beslis met elke span wat ses wedstryde gespeel het. Suid-Afrika het die toernooi vir die derde keer gewen. Buitendien het hulle sowel die Mandela Uitdaagplaat as die Vryheidsbeker gewen, terwyl Nieu-Seeland met die Bledisloebeker weggestap het. Morné Steyn van Suid-Afrika het die meeste punte (met die stewel) aangeteken. Matt Giteau van Australië het die meeste drieë gedruk.
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]