Datums | 10 Julie - 11 September |
---|---|
Kampioen | Nieu-Seeland (10 titels) |
Wedstryde gespeel | 9 |
Drieë gedruk | 52 (5.78 per wedstryd) |
Bywoning | 442 629 (49 181 per wedstryd) |
Meeste punte | Morné Steyn (77) |
Meeste drieë | James O’Connor Mils Muliaina (4 elk) |
← 2009 2011 → | |
Die 2010-Drienasiesreeks was die vyftiende jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland gewees. Die reeks is vanaf 10 Julie tot 11 September 2010 gespeel. Die lande se spanne is onderskeidelik die Springbokke, Wallabies en All Blacks genoem. Nieu-Seeland het die toernooi vir die tiende keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat weggestap het.
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]