2012 Superrugby | |
![]() | |
Amptelike logo
| |
Deelnemende lande | ![]() ![]() ![]() |
---|---|
Kampioen | Chiefs (1ste titel) |
Wedstryde gespeel | 125 |
Drieë gedruk | 606 (gem. 4.848 per wedstryd) |
Meeste punte aangeteken | 251 Aaron Cruden (Chiefs) |
Meeste drieë gedruk | 10 André Taylor (Hurricanes) 10 Bjorn Basson (Bulls) |
Die 2012 Superrugbyseisoen het in Februarie 2012 afgeskop met voorseisoenwedstryde wat van middel Januarie gespeel is. Dit was die tweede seisoen van die vergrote 15-spantoernooi en die 17de van die rugbykompetisie tussen provinsiale spanne van die suidelike halfrond. Daar is elke naweek van 24 Februarie tot 14 Julie wedstryde gespeel (met ’n drie week breuk tussen rondtes 15 en 16 vir internasionale wedstryde) en die eindwedstryd is op 4 Augustus gespeel.
Die kompetisie is oor 21 weke beslis met ’n totaal van 125 wedstryde wat gespeel is. Dit het begin met drie groepe van vyf spanne wat volgens lande ingedeel is (daar is dus ’n Australiese, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse groep). Met die nuwe formaat bestaan die seisoenwedstryde uit twee tipes wedstryde, nl.:
Die boonste span in elke groep, asook die volgende drie spanne op die algehele punteleër ongeag hul plek in die groep, het in die uitspeelwedstryde gespeel.[1] Die boonste twee groepwenners (op die basis van die algehele punteleër) het die eerste ronde van die uitspeelwedstryde ’n loslootjie gekry. In die eerste ronde van die uitspeelwedstryde was die derde groepwenner nommer drie met ’n tuiswedstryd teen die span wat sesde op die algehele punteleër geëindig het. Die span wat vierde was op die algehele punteleër het dan in ’n tuiswedstryd uitgespeel teen die span wat vyfde was. In die halfeindrondes het die tweede groepwenner uitgespeel teen die span wat in die eerste uitspeelronde gewen het en die hoogste op die punteleër was. Die eerste groepwenner het dan teen die ander uitspeelrondewenner gespeel. Die eindronde was ’n tuiswedstryd vir die span wat die hoogste op die algehele punteleër geëindig het.[2]