![]() Die wentelbaan van 2012 VP113 in die Sonnestelsel en sy posisie in 2017 (van bo en van die kant af gesien). | |
Wentelbaaneienskappe[1] | |
---|---|
Afelium | 438,11 AE |
Perihelium | 80,486 AE |
Halwe lengteas | 265,8 AE[2] |
Wentelperiode | 4 175,54 jaar |
Gem. anomalie | 3,2115° |
Baanhelling | 24,047° |
Lengteligging van stygende nodus | 90,818° |
Periheliumhoek | 293,72° |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 300-1 000 km[3] 450 km (aangeneem)[3][4] 600 km[5] |
Skynmagnitude | 23,4 |
Absolute magnitude | 4[6][1] 4,3[5] |
2012 VP113 is ’n sednoïde en die voorwerp in die Sonnestelsel met die grootste bekende perihelium (naaste afstand aan die Son), selfs groter as dié van Sedna.[7] Tog is 2012 VP113 se afelium (verste afstand) net omtrent die helfte van Sedna s’n. Die ontdekking van die kleinplaneet is op 26 Maart 2014 bekend gemaak.[4][8]
Die liggaam het ’n absolute magnitude van 4,[6] wat beteken dit is moontlik ’n dwergplaneet.[5] Daar word verwag hy sal omtrent die helfte so groot soos Sedna wees en net so groot soos Huya.[3] Die ooreenstemming tussen 2012 VP113 se wentelbaan en dié van ander uiters ver voorwerpe in die Sonnestelsel laat die ontdekkers, Scott Sheppard en Chad Trujillo, vermoed die hipotetiese Planeet Nege is daarvoor verantwoordelik.[4]
Sy oppervlak het vermoedelik ’n pienk tint vanweë chemiese veranderings wat veroorsaak word deur bestraling op bevrore water, metaan en koolstofdioksied.[9] Hierdie kleur stem ooreen met dié van formasies in die gasreusstreek en nie die klassieke Kuipergordel, wat deur rooi voorwerpe oorheers word, nie.[4]
<ref>
tag; no text was provided for refs named jpldata
<ref>
tag; no text was provided for refs named Malhotra_Volk_Wang
<ref>
tag; no text was provided for refs named Lakdawalla2014
<ref>
tag; no text was provided for refs named Brown-dplist
<ref>
tag; no text was provided for refs named MPC
<ref>
tag; no text was provided for refs named NYT-20140326
<ref>
tag; no text was provided for refs named nature news
<ref>
tag; no text was provided for refs named Guardian