![]() Kenteken van die Rugbykampioenskap | |
Datums | 17 Augustus - 5 Oktober |
---|---|
Kampioen | ![]() |
Wedstryde gespeel | 12 |
Drieë gedruk | 66 (5.5 per wedstryd) |
Bywoning | 488 133 (40 678 per wedstryd) |
Meeste punte | ![]() |
Meeste drieë | ![]() |
← 2012 2014 → | |
Die 2013-Rugbykampioenskapsreeks was die tweede jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Argentinië, Australië en Nieu-Seeland. Die reeks is vanaf 17 Augustus tot 5 Oktober 2013 gespeel. Die lande se spanne word onderskeidelik die Springbokke, Pumas, Wallabies en All Blacks genoem. Nieu-Seeland het die toernooi vir die twaalfde keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Suid-Afrika met die Mandela Uitdaagplaat en Australië met die Poematrofee weggestap het.
Die toernooi is deur SANZAAR georganiseer, ’n konsortium wat sedert 2012 uit die vier lande se rugbyfederasies bestaan.[1]