Kenteken van die Rugbykampioenskap | |
Datums | 17 Julie - 8 Augustus |
---|---|
Kampioen | Australië (4 titels) |
Wedstryde gespeel | 6 |
Drieë gedruk | 33 (5.5 per wedstryd) |
Bywoning | 243 416 (40 569 per wedstryd) |
Meeste punte | Handré Pollard (30) |
Meeste drieë | Adam Ashley-Cooper Juan Imhoff (3 elk) |
← 2014 2016 → | |
Die 2015-Rugbykampioenskapsreeks was die vierde jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Argentinië, Australië en Nieu-Seeland. Die reeks is vanaf 17 Julie tot 8 Augustus 2015 gespeel; vroeër en korter as in 2014, omrede die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word. Die lande se spanne word onderskeidelik die Springbokke, Pumas, Wallabies en All Blacks genoem. Australië het die toernooi vir die vierde keer gewen. Nieu-Seeland het die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat en die Poematrofee weggestap het.
Die toernooi is deur SANZAAR georganiseer, ’n konsortium wat sedert 2012 uit die vier lande se rugbyfederasies bestaan.[1]