2016 Superrugby | |
Amptelike logo
| |
Deelnemende lande | Argentinië Australië Japan Nieu-Seeland Suid-Afrika |
---|---|
Kampioen | Hurricanes (1ste titel) |
Wedstryde gespeel | 142 |
Drieë gedruk | 910 (gem. 6.408 per wedstryd) |
Meeste punte aangeteken | 223 Beauden Barrett (Hurricanes) |
Meeste drieë gedruk | 11 Israel Folau (Waratahs) |
Die 2016 Superrugbyseisoen het op 26 Februarie 2016 afgeskop, met die eindstryd op 6 Augustus, en voorseisoenwedstryde wat van middel Januarie gespeel is. Dit was die eerste seisoen van die vergrote 18-span-toernooi en die 21de van die rugbykompetisie tussen provinsiale spanne van die suidelike halfrond. Een span elk van Argentinië en Japan is ook toegevoeg.