Kenteken van die Rugbykampioenskap | |
Datums | 20 Augustus - 8 Oktober |
---|---|
Kampioen | Nieu-Seeland (14 titels) |
Wedstryde gespeel | 12 |
Drieë gedruk | 70 (5.83 per wedstryd) |
Bywoning | 408 990 (34 083 per wedstryd) |
Meeste punte | Beauden Barrett (81) |
Meeste drieë | Israel Dagg Ben Smith (5 elk) |
← 2015 2017 → | |
Die 2016-Rugbykampioenskapsreeks was die vyfde jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Argentinië, Australië en Nieu-Seeland. Die reeks is vanaf 20 Augustus tot 8 Oktober 2016 gespeel, later as in 2015, omrede die Olimpiese Spele nog plaasgevind het. Die lande se spanne word onderskeidelik die Springbokke, Pumas, Wallabies en All Blacks genoem. Nieu-Seeland het die toernooi vir die 14de keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat en die Poematrofee weggestap het.
Die toernooi is deur SANZAAR georganiseer, ’n konsortium wat sedert 2012 uit die vier lande se rugbyfederasies bestaan.[1]