Kenteken van die Rugbykampioenskap | |
Datums | 18 Augustus - 6 Oktober |
---|---|
Kampioen | Nieu-Seeland (16 titels) |
Wedstryde gespeel | 12 |
Drieë gedruk | 88 (7.33 per wedstryd) |
Bywoning | 408 543 (34 045 per wedstryd) |
Meeste punte | Nicolás Sánchez (67) |
Meeste drieë | Beauden Barrett Aphiwe Dyantyi Rieko Ioane (5 elk) |
← 2017 2019 → | |
Die 2018-Rugbykampioenskapsreeks was die sewende jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die kompetisie word bedryf deur SANZAAR, ’n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Springbokke, Wallabies en die All Blacks.
Die toernooi het op 18 Augustus afgeskop met Australië teen Nieu-Seeland en Suid-Afrika as gasheer vir Argentinië, en agt weke later afgesluit (ses rondes en twee loslootjies) op 6 Oktober toe Nieu-Seeland Suid-Afrika besoek het en Australië in Argentinië gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die 16de keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat en die Poematrofee weggestap het.