2018 Superrugbyseisoen

2018 Superrugby
Deelnemende lande Vlag van Argentinië Argentinië (1 span)
Vlag van Australië Australië (4 spanne)
Vlag van Japan Japan (1 span)
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (5 spanne)
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (4 spanne)
Kampioen Crusaders (9de titel)
Wedstryde gespeel 127
Drieë gedruk 925  (gem. 7.283 per wedstryd)
Meeste punte aangeteken 223: Bernard Foley, Waratahs
Meeste drieë gedruk 16: Ben Lam, Hurricanes

Die 2018 Superrugbyseisoen was die 23ste seisoen van Superrugby, 'n jaarlikse rugbykompetisie georganiseer deur SANZAAR tussen die spanne van Argentinië, Australië, Japan, Nieu-Seeland en Suid-Afrika. Ná die afgelope twee seisoene waaraan 18 spanne deelgeneem het, het die 2018 uitgawe terugkeer na 'n 15-spanformaat, wat bestaan het uit drie geografiese konferensies.

Suid-Afrika moes twee spanne van die 2017 seisoen (die Cheetahs en Kings) weglaat[1] en Australië een (Force)[2] om in te pas by die nuwe formaat van die kompetisie.

  1. "Bevestig: Cheetahs en Kings uit Superrugby" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 15 Julie 2017.
  2. "Western Force culled from Super Rugby competition". Daily Telegraph (in Engels). 11 Augustus 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 September 2019. Besoek op 16 Augustus 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne