2020 Portugese Grand Prix

Vlag van Portugal 2020 Heineken Portugese Grand Prix
Datum 25 Oktober 2020
Plek Algarve
Voorste wegspringplek
Renjaer Lewis Hamilton Mercedes AMG
Tyd 1:16.652
Vinnigste Rondte
Renjaer Lewis Hamilton Mercedes AMG
Tyd 1:18.750 (rondte 63)
Podiumplekke
1 Lewis Hamilton Mercedes AMG
2 Valtteri Bottas Mercedes AMG
3 Max Verstappen Red Bull-Honda

Die 2020 Formule Een Portugese Grand Prix het op 25 Oktober 2020 op die Algarve-renbaan in Portimão, Portugal plaasgevind. Dit was die twaalfde wedren van die kampioenskapseisoen en ook die eerste wedren op die Algarve-renbaan gewees.

Nie enigeen van die huidige renjaers het voorheen aan 'n Portugese Formule Een resies deelgeneem nie (die laaste was in 1996), dus was daar 'n nuwe wenner by die 11 voriges gevoeg wat al op Portugese bodem geseëvier het. Die dag van kwalifisering in Portimão was die 55ste herdenking van Honda se eerste Formule Een-sege, toe Richie Ginther in 'n RA272-onderstel met 'n 1,5 liter V12-enjin geseëvier het in die 1965 Meksikaanse Grand Prix.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne