2020 Formule 1 Rolex Sakhir Grand Prix | ||
---|---|---|
Datum | 6 Desember 2020 | |
Plek | Bahrein Internasionale Renbaan | |
Voorste wegspringplek | ||
Renjaer | Valtteri Bottas | Mercedes AMG |
Tyd | 53.377 | |
Vinnigste Rondte | ||
Renjaer | George Russell | Mercedes AMG |
Tyd | 55.404 (rondte 80 van 87) | |
Podiumplekke | ||
1 | Sergio Pérez | Racing Point-BWT Mercedes |
2 | Esteban Ocon | Renault |
3 | Lance Stroll | Racing Point-BWT Mercedes |
Die 2020 Formule Een Sakhir Grand Prix het op 6 Desember 2020 op die Bahrein Internasionale Renbaan in Bahrein plaasgevind. Die wedren is deur FIA ingepas weens die uitbreek van die Koronaviruspandemie van 2019-2020.[1]
In teenstelling met die 2020 Bahreinse Grand Prix die vorige naweek, is die wedren op die buitebaan beslis, wat aansienlik minder draaie insluit. Sewemalige wêreldkampioen Lewis Hamilton van Mercedes het egter die wedren misgeloop nadat hy in self-isolasie verkeer het weens 'n positiewe koronavirustoets.[2] Dit is die eerste wedren wat hy misgeloop het sedert sy debuut in 2007. Mercedes het George Russell aangewys om saam met Valtteri Bottas te jaag; hy het sy stuurwiel by Williams aan Jack Aitken oorgegee, wat aan sy eerste ren in Formule 1 deelgeneem het.
Die Grand Prix het ook nie Romain Grosjean in aksie gesien nie, ná sy ernstige ongeluk van 'n week tevore. Pietro Fittipaldi, wat Grosjean by Haas vervang, het sy debuut in Grands Prix gemaak.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link)