Kenteken van die Rugbykampioenskap | |
Datums | 6 Augustus - 24 September |
---|---|
Kampioen | Nieu-Seeland (19 titels) |
Wedstryde gespeel | 12 |
Drieë gedruk | 76 (6.33 per wedstryd) |
Bywoning | 463 702 (38 642 per wedstryd) |
Meeste punte | Emiliano Boffelli Richie Mo’unga (71 elk) |
Meeste drieë | Samisoni Taukei’aho (5) |
← 2021 2023 → | |
Die 2022-Rugbykampioenskapsreeks was die tiende jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die kompetisie word bedryf deur SANZAAR, ’n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Springbokke, Wallabies en die All Blacks. Die toernooi keer terug om in alle mededingende lande aangebied te word, nadat reisbeperkings in 2020–21 weens COVID-19 die toernooi belemmer het.
Die toernooi is egter vir die eerste keer herstruktureer sedert Argentinië by die kompetisie aangesluit het, met elke span wat hul wedstryde tuis en weg gespeel het. Elke land het drie wedstryde aangebied, maar nie eweredig oor hul mededingende nasies nie.[1] Argentinië was twee keer gasheer vir Australië en Suid-Afrika een keer; Australië het Suid-Afrika twee keer gehuisves en Nieu-Seeland een keer; Nieu-Seeland was twee keer gasheer vir Argentinië en Australië een keer; en Suid-Afrika was twee keer gasheer vir Nieu-Seeland en Argentinië een keer.
Nieu-Seeland het die toernooi vir die 19de keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat en die Poematrofee weggestap het.