2023 Gaboenese staatsgreep

Kaart van Gaboen.

'n Staatsgreep het plaasgevind in Gaboen op 30 August 2023. Ná betwiste uitslae en politieke spanning oor ’n algemene verkiesing wat op 26 Augustus 2023 gehou is, het die weermag die herverkose president, Ali Bongo Ondimba, wie se oorwinning op 30 Augustus aangekondig is, verdryf.

Die staatsgreep het 'n einde gebring aan die 56 jaar lange heerskappy van die Bongo-familie oor Gaboen. Dit was ook die agtste suksesvolle staatsgreep wat plaasgevind het in Wes en Sentraal-Afrika sedert 2020, na soortgelyke gebeure in Mali (twee keer), Tsjad, Guinee, Burkina Faso (twee keer) en Niger.[1]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named cnn

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne