2024 Chinese Grand Prix

2024 Formule 1 Chinese Grand Prix
Datum 21 April 2024
Plek Shanghai Internasionale Renbaan
Voorste wegspringplek
Renjaer Max Verstappen Red Bull Racing-Honda RBPT
Tyd 1:33.660
Vinnigste ronde
Renjaer Fernando Alonso Aston Martin-Mercedes
Tyd 1:37.810 (ronde 45 van 56)
Podium
1 Max Verstappen Red Bull Racing-Honda RBPT
2 Lando Norris McLaren-Mercedes
3 Sergio Pérez Red Bull Racing-Honda RBPT

Die 2024 Formule Een Chinese Grand Prix is op 21 April op die Shanghai Internasionale Renbaan in China gehou. Dit was die vyfde wedren van die kampioenskapseisoen.

Die Chinese Grand Prix was die eerste van ses GP-naweke vanjaar waarin 'n "Sprint" gehou is. ’n “Sprint” is amper dieselfde as ’n gewone wedren, met die verskil dat die wedren minder tyd neem. Die afstand van die naelren is ongeveer 100 kilometer (30 minute).

Die Grand Prix-naweek het Vrydag met 'n vrye oefening van sestig minute begin, gevolg deur die naelrenkwalifisering. Op Saterdag is die sprint gehou, gevolg deur die kwalifisering wat die wegspringrooster vir die hoofren op Sondag (insluitend moontlike roosterstrawwe) bepaal het en ook watter jaer die eer verdien het om heelvoor weg te spring.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne