2024 Formule 1 Pirelli Verenigde State Grand Prix | ||
---|---|---|
Datum | 20 Oktober 2024 | |
Plek | Circuit of the Americas | |
Voorste wegspringplek | ||
Renjaer | Lando Norris | McLaren-Mercedes |
Tyd | 1:32.330 | |
Vinnigste rondte | ||
Renjaer | Alexander Albon | Williams-Mercedes |
Tyd | 1:37.330 (ronde 54 van 56) | |
Podiumplekke | ||
1 | Charles Leclerc | Ferrari |
2 | Carlos Sainz jr. | Ferrari |
3 | Max Verstappen | Red Bull-Honda RBPT |
Die 2024 Formule Een Verenigde State Grand Prix is op 20 Oktober 2024 op die Circuit of the Americas in Austin, Texas gehou. Dit was die negentiende wedren van die kampioenskapseisoen.
Die Verenigde State Grand Prix is die vierde van ses GP-naweke vanjaar waarin 'n "Sprint" (naelren) gehou sal word. ’n “Sprint” is amper dieselfde as ’n gewone wedren, met die verskil dat die wedren minder tyd neem. Die afstand van die naelren is ongeveer 100 kilometer (30 minute).
Die Grand Prix-naweek het op Vrydag met die vrye oefening van sestig minute begin, gevolg deur die naelrenkwalifisering. Op Saterdag word die sprint gehou, gevolg deur die kwalifisering wat die wegspringrooster vir die hoofren op Sondag (insluitend moontlike roosterstrawwe) bepaal en ook watter jaer die eer verdien om heel voor weg te spring.