2024 FIA Formule Een Wêreldkampioenskapseisoen | |
Vorige: 2023 | Volgende: 2025 |
Indeks van wedrenne volgens land en seisoen. |
Die 2024 FIA Formule Een Wêreldkampioenskap is 'n motorrenkampioenskap vir Formule Een-motors wat tans onderweg is. Dit is die 75ste uitgawe van die Formule Een Wêreldkampioenskap. Dit word deur die Fédération Internationale de l'Automobile (FIA), die beheerliggaam van internasionale motorsport, as die hoogste klas kompetisie vir oopwiel-renmotors erken. Die kampioenskap word oor 'n rekord van vier-en-twintig Grands Prix beslis, wat regoor die wêreld gehou word, behalwe in Afrika. Dit het in Maart begin en sal in Desember eindig.
Renjaers en spanne ding onderskeidelik mee om die titels Wêreldrenjaerkampioen en Wêreldvervaardigerkampioen. Max Verstappen is die heersende jaerskampioen, terwyl sy span, Red Bull Racing-Honda RBPT, die heersende vervaardigerkampioen is.[1][2] Op 23 November 2024, ná die wedren in Las Vegas word Max Verstappen vir die vierde jaar na mekaar as wêreldkampioen gekroon.[3] Op 8 Desember 2024, ná die wedren in Aboe Dhabi werd McLaren wêreldkampioen by die vervaardigers.