2025 FIA Formule Een Wêreldkampioenskapseisoen | |
Vorige: 2024 | Volgende: 2026 |
Indeks van wedrenne volgens land en seisoen. |
Die 2025 FIA Formule Een Wêreldkampioenskap is 'n beplande motorrenkampioenskap vir Formule Een-motors. Dit sal die 76ste uitgawe van die Formule Een Wêreldkampioenskap wees. Dit word deur die Fédération Internationale de l'Automobile (FIA), die beheerliggaam van internasionale motorsport, as die hoogste klas kompetisie vir oopwiel-renmotors erken. Die kampioenskap is geskeduleer om oor vier-en-twintig Grands Prix beslis te word, wat regoor die wêreld gehou word, behalwe in Afrika. Dit sal in Maart begin en in Desember eindig.
Renjaers en spanne sal meeding om onderskeidelik die titels Wêreldrenjaerkampioen en Wêreldvervaardigerkampioen. Max Verstappen is die heersende jaerskampioen.[1]