![]()
| ||
Datum | 24 Maart 1949 | |
Plek | The Academy Theater, Hollywood | |
Aanbieder | Robert Montgomery | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Hamlet | |
Meeste pryse | Hamlet (4) | |
Meeste benoemings | Johnny Belinda (12) |
Die 21ste Oscar-toekenningsaand is op 24 Maart 1949 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1948.
Die seremonie het met baie eerstes gespog. Dit was die eerste keer dat ’n nie-Hollywood-produksie (Hamlet) die Oscar vir beste prent gewen het. Dit was die eerste keer dat ’n persoon, Laurence Olivier, homself geregisseer en ’n Oscar vir toneelspel daarvoor gewen het. Die regisseur John Huston het twee verskillende prente in een jaar geregisseer waarvoor akteurs Oscars gewen het: sy pa, Walter Huston, in The Treasure of the Sierra Madre en Claire Trevor in Key Largo. Die Huston-familie het dié aand drie pryse gewen.
Jane Wyman was die eerste aktrise sedert die dae van stilrolprente wat ’n Oscar gewen het sonder om ’n woord te sê. Humphrey Bogart is nie vir beste akteur benoem vir sy rol in The Treasure of the Sierra Madre nie, en dit word nou beskou as een van die grootste Oscar-flaters.[1][2]
Joan of Arc was die eerste prent wat 7 benoemings gekry het, maar nie vir beste rolprent benoem is nie.