25ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 19 Maart 1953 | |
Plek | Pantages Theatre, Hollywood NBC International Theatre, New York | |
Aanbieder | Bob Hope, Conrad Nagel, Fredric March | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | The Greatest Show on Earth | |
Meeste pryse | The Bad and the Beautiful (5) | |
Meeste benoemings | High Noon, Moulin Rouge en The Quiet Man (7 elk) |
Die 25ste Oscar-toekenningsaand is op 19 Maart 1953 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood en New York gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1952. Dit was die eerste Oscar-aand wat op televisie gebeeldsend is,[1] en die eerste seremonie wat tegelykertyd in Hollywood en New York gehou is.
Groot omstredenheid het die wenners van die prys vir beste rolprent omhul: die gunsteling, High Noon, het verloor teen Cecil B. DeMille se The Greatest Show on Earth. Laasgenoemde word nou beskou as een van die swakste prente wat nog ’n Oscar gewen het.[2][3][4]
The Bad and the Beautiful het vyf pryse gewen – die meeste wat nog gewen is deur ’n prent wat nie vir beste rolprent benoem is nie. Dit was ook die laaste keer ooit dat die beste rolprent net twee Oscars kon wen. Shirley Booth was die laaste mens wat in die 19de eeu gebore is wat ’n Oscar vir beste akteur gewen het.
Vir die eerste keer sedert die instelling van die kategorieë beste manlike en vroulike byspeler is die Oscars vir beste rolprent en beste regisseur asook al vier akteurspryse deur ses verskillende prente gewen. Dit het sedertdien nog net drie keer gebeur: in 1957, 2006 en 2013.