27ste Oscar-toekenningsaand

  27ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 30 Maart 1955
Plek Pantages Theatre, Hollywood
NBC Century Theatre,
New York
Aanbieder Bob Hope, Thelma Ritter
Pryse & benoemings
Beste rolprent  On the Waterfront
Meeste pryse  On the Waterfront (8)
Meeste benoemings  On the Waterfront (12)

Die 27ste Oscar-toekenningsaand is op 30 Maart 1955 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood en New York gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1954.

Sam Spiegel was die vervaardiger en Elia Kazan die regisseur van die beste rolprent, On the Waterfront. Die prent het 12 benoemings gehad en 8 Oscars gewen, en het die rekord geëwenaar van Gone with the Wind (1940) en From Here to Eternity (1954). Die swart-wit prent, met ’n lae begroting en Marlon Brando in die hoofrol, vertel die verhaal van dokwerkers in New York asook van wreedheid en korrupsie.

In die kategorie vir beste akteur het Brando weer te staan gekom teen Humphrey Bogart, wat hom drie jaar tevore geklop het om die Oscar. In ’n verrassende wending het Brando gewen (Bing Crosby was die gunsteling) – dit was Brando se eerste Oscar en dit word steeds as een van die beste rolprentuitbeeldings beskou.[1]

Grace Kelly se Oscar vir beste aktrise was ook ’n verrassing. Judy Garland was die gunsteling, maar kon nie die seremonie bywoon nie omdat sy pas die lewe aan haar derde kind geskenk het. Kameras is in haar kamer opgestel sodat sy dankie kon sê ingeval sy wen.[2]

Dorothy Dandridge was die eerste swart Amerikaner wat vir beste aktrise benoem is.

  1. Premiere. "100 Greatest Performances of All Time: 24-1" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Desember 2010. Besoek op 23 Desember 2008.
  2. The Biographicon. "Judy Garland – Biography" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 6 September 2009.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne