29ste Oscar-toekenningsaand

  29ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 27 Maart 1957
Plek Pantages Theatre, Hollywood
NBC Century Theatre,
New York
Aanbieder Jerry Lewis, Celeste Holm
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Around the World in Eighty Days
Meeste pryse  Around the World in Eighty Days en The King and I (5 elk)
Meeste benoemings  Giant (10)

Die 29ste Oscar-toekenningsaand is op 27 Maart 1957 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood en New York gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1956.

In dié jaar is ’n kategorie ingestel vir beste buitelandse rolprent in plaas daarvan dat ’n spesiale prys daaraan toegeken is. Die eerste wenner was Federico Fellini se La strada, met Anthony Quinn. Dit is ook benoem vir beste oorspronklike draaiboek. Dit was ook die eerste jaar dat al vyf benoemings vir beste rolprent kleurprente was.

Al die groot pryswenners was epiese prente soos Around the World in Eighty Days, The King and I, Anastasia, Giant, The Ten Commandments en War and Peace. Dit was ’n neiging wat in die jare daarna volgehou is.

James Dean is die enigste akteur tot op datum wat ’n tweede nadoodse benoeming vir beste akteur gekry het: vir sy spel in Giant.

Dit was slegs die tweede keer sedert die instelling van die kategorieë beste manlike en vroulike byspeler dat die Oscars vir beste rolprent en regisseur en al vier die akteurspryse deur ses verskillende prente gewen is. Dit sou eers weer op die 78ste Oscar-toekenningsaand in 2006 gebeur.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne