32ste Oscar-toekenningsaand

  32ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 4 April 1960
Plek RKO Pantages Theatre,
Hollywood
Aanbieder Bob Hope
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Ben-Hur
Meeste pryse  Ben-Hur (11)
Meeste benoemings  Ben-Hur (12)

Die 32ste Oscar-toekenningsaand is op 4 April 1960 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1959.

Die drie en ’n half uur lange epiese drama Ben-Hur van MGM (met onder meer ’n strydwaresies van 11 minute) het 11 Oscars gewen en so die vorige jaar se rekord van nege Oscars deur Gigi gebreek. Met sy 11 van 12 benoemings wat dit gewen het, was dit destyds die mees bekroonde rolprent van alle tye – dit is eers in 1998 geëwenaar deur Titanic en in 2004 deur The Lord of the Rings: The Return of the King.

Ben-Hur was ’n reproduksie van MGM se eie stilrolprent van 1926 met dieselfde titel en was teen $15 miljoen die duurste prent tot nog toe. Albei prente is gebaseer op generaal Lew Wallace se roman oor die opkoms van die Christendom wat in 1880 die eerste keer gepubliseer is.

Ben-Hur was ook net die derde prent wat die Oscar vir beide beste akteur en beste manlike byspeler gewen het. Die volgende prent wat dit kon regkry, was Mystic River in 2004.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne