34ste Oscar-toekenningsaand

  34ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 9 April 1962
Plek Santa Monica-burgerouditorium,
Santa Monica, Kalifornië
Aanbieder Bob Hope
Pryse & benoemings
Beste rolprent  West Side Story
Meeste pryse  West Side Story (10)
Meeste benoemings  Judgment at Nuremberg en
West Side Story (11 elk)

Die 34ste Oscar-toekenningsaand is op 9 April 1962 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Santa Monica, Kalifornië, gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1961. Dit was die sewende keer dat Bob Hope die aanbieder was.

Dit was die eerste keer dat twee mense die Oscar vir beste regisseur gedeel het: Robert Wise en Jerome Robbins vir "West Side Story". Die rolprentlegende Federico Fellini het sy eerste benoeming gekry as beste regisseur vir La Dolce Vita, hoewel die prent self nie vir beste rolprent benoem is nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne