![]()
| ||
Datum | 18 April 1966 | |
Plek | Santa Monica-burgerouditorium, Santa Monica, Kalifornië | |
Aanbieder | Bob Hope | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | The Sound of Music | |
Meeste pryse | The Sound of Music en Doctor Zhivago (5 elk) | |
Meeste benoemings | The Sound of Music en Doctor Zhivago (10 elk) |
Die 38ste Oscar-toekenningsaand is op 18 April 1966 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Santa Monica, Kalifornië, gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1965. Die aanbieder was vir die negende keer Bob Hope. Dit is die eerste Oscar-aand wat in kleur op televisie gebeeldsend is.
Twee prente was kop aan kop: The Sound of Music en Doctor Zhivago het elk 10 benoemings gekry en elk 5 Oscars gewen. Die wenner vir beste prent was egter The Sound of Music. Albei prente is onder die mees suksesvolle rolprente wat nog gemaak is en onder die top-10 prente wat die meeste geld gemaak het as inflasie in ag geneem word.[1]