All Quiet on the Western Front The Big House (2 elk)
Meeste benoemings
The Love Parade (6)
Carl Laemmle hou in 1930 ’n Oscar vas, moontlik die een vir All Quiet on the Western Front, waarvan sy seun Carl Laemmle jr. die vervaardiger was vir Universal Pictures.
Die 3de Oscar-toekenningsaand deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences is op 5 November 1930 gehou om die beste rolprente van die tydperk 1 Augustus 1929 tot 31 Julie 1930 te vereer. Dit is gehou in die Ambassador Hotel in Los Angeles, Kalifornië, en die aanbieder was Conrad Nagel.
All Quiet on the Western Front was die eerste prent wat die Oscar vir beste prent en beste regisseur gewen het, ’n prestasie wat sedertdien heel algemeen geword het. Lewis Milestone was die eerste mens wat twee Oscars gewen het – hy het die prys vir beste regisseur vir ’n komedie op die 1ste Oscar-toekenningsaand ontvang. The Love Parade het ses benoemings gehad, die meeste tot in daardie stadium. Dit het egter nie in een kategorie gewen nie.
Die kategorie "beste klankopname" was die eerste nuwe kategorie sedert die begin van die Oscars.
Hier volg ’n lys van die wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem):
Wenners en benoemdes van die 3de Oscar-toekenningsaand
Beste produksie
Beste regisseur
Carl Laemmle jr. vir Universal Studios – All Quiet on the Western Front
Irving Thalberg vir Metro-Goldwyn-Mayer – The Big House
Jack Warner en Darryl F. Zanuck vir Warner Bros. – Disraeli
Robert Z. Leonard vir Metro-Goldwyn-Mayer – The Divorcee
Ernst Lubitsch vir Paramount Pictures – The Love Parade