43ste Oscar-toekenningsaand

  43ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 15 April 1971
Plek Dorothy Chandler Pavilion,
Los Angeles
Aanbieder Geen
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Patton
Meeste pryse  Patton (7)
Meeste benoemings  Airport (10)

Die 43ste Oscar-toekenningsaand is op 15 April 1971 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1970. Daar was geen aanbieder nie.

George C. Scott was die eerste akteur wat ’n Oscar van die hand gewys het. Volgens hom was die Academy Awards " ’n twee uur lange vleisparade, ’n openbare vertoning met geprakseerde afwagting om ekonomiese redes".[1]

Helen Hayes, die beste vroulike byspeler, was die eerste kunstenaar wat ’n Oscar vir beide beste aktrise en beste vroulike byspeler gewen het (sy het 38 jaar tevore die prys vir beste aktrise gewen vir The Sin of Madelon Claudet).

  1. TotalFilm. "Review of Patton" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2014. Besoek op 24 April 2006.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne