47ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 8 April 1975 | |
Plek | Dorothy Chandler Pavilion, Los Angeles | |
Aanbieder | Sammy Davis jr., Bob Hope, Shirley MacLaine, Frank Sinatra | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | The Godfather Part II | |
Meeste pryse | The Godfather Part II (6) | |
Meeste benoemings | The Godfather Part II en Chinatown (11 elk) |
Die 47ste Oscar-toekenningsaand is op 8 April 1975 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1974. Die aanbieders was Sammy Davis Jr., Bob Hope, Shirley MacLaine en Frank Sinatra.
Die pa en seun Carmine en Francis Ford Coppola het saam vier Oscars gewen. The Godfather Part II het groot sukses behaal; dit het twee keer soveel pryse as sy voorganger gewen (altesaam 6) en is tot op hede (2013) die laaste prent wat drie benoemings in ’n enkele akteurs kategorie gekry het.