48ste Oscar-toekenningsaand

  48ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 29 Maart 1976
Plek Dorothy Chandler Pavilion,
Los Angeles
Aanbieder Walter Matthau, Robert Shaw, George Segal, Goldie Hawn, Gene Kelly
Pryse & benoemings
Beste rolprent  One Flew Over the Cuckoo's Nest
Meeste pryse  One Flew Over the Cuckoo's Nest (5)
Meeste benoemings  One Flew Over the Cuckoo's Nest (9)

Die 48ste Oscar-toekenningsaand is op 29 Maart 1976 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1975. Die aanbieders was Walter Matthau, Robert Shaw, George Segal, Goldie Hawn en Gene Kelly.

Die suksesvolste prent van die aand was Miloš Forman se One Flew Over the Cuckoo's Nest, die eerste prent sedert It Happened One Night wat al die top-kategorieë gewen het: beste rolprent, akteur, aktrise, regisseur en draaiboek (verwerk).

Op 80-jarige ouderdom was George Burns die oudste akteur wat tot in daardie stadium ’n Oscar gewen het. Sy rekord is in 1990 deur Jessica Tandy oortref – sy was ook 80, maar ’n paar maande ouer.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne