’n Ligkurwegebaseerde 3D-model van Astraia. | |
Ontdekking [1] | |
---|---|
Ontdek deur | K.L. Hencke |
Datum | 8 Desember 1845 |
Kleinplaneet-benaming | (5) Astraia |
Alternatiewe name | 1969 SE |
Kleinplaneet-kategorie | Asteroïdegordel [1] Astraia [2] |
Etimologie | Astraia (Griekse godin)[3] |
Wentelbaaneienskappe | |
Epog 23 Maart 2018 | |
Afelium | 3,0659 AE |
Perihelium | 2,0810 AE |
Halwe lengteas | 2,5735 AE |
Wentelperiode | 4,13 jaar (1 508 dae) |
Gem. anomalie | 186,83° |
Baanhelling | 5,3677° |
Lengteligging van stygende nodus | 141,58° |
Periheliumhoek | 358,75° |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 167 × 123 × 82 km[4] |
Oppervlakte | 48 300 km2 |
Volume | 882 000 km3 |
Massa | 2,9×1018 kg[5] |
Gem. digtheid | ~3,3 g/cm³ |
Rotasieperiode | 0,700 dae (16,801 uur)[4] |
Rotasiespoed by ewenaar | 6,44 m/s |
Spektraaltipe: | S |
Skynmagnitude | 8,74 tot 12,89 |
Absolute magnitude | 6,85 |
Hoekgrootte | 0,15" tot 0,041" |
Astraia (Engels: Astraea; kleinplaneetnaam: 5 Astraia) is ’n groot asteroïde in die asteroïdegordel. Sy oppervlak is hoogs weerkaatsend (helder) en sy samestelling is waarskynlik ’n mengsel van nikkel-yster met silikate van magnesium en yster. Dit is ’n S-tipe asteroïde.
Astraia was die vyfde asteroïde wat ontdek is, op 8 Desember 1845 deur K.L. Hencke, en is genoem na ’n godin van geregtigheid. Hencke was op soek na 4 Vesta toe hy op Astraia afkom.
Astraia is fisies onmerkwaardig, maar was die eerste asteroïde in 38 jaar wat ontdek is (ná die ontdekking van Vesta in 1807). Tot met sy ontdekking is geglo daar is net vier asteroïdes.[6] Met ’n skynbare magnitude van 8,7 (met ’n gunstige opposisie op 15 Februarie 2016), is dit net die 17de helderste asteroïde in die hoofgordel.
Ná Astraia is duisende ander asteroïdes ontdek. Sy ontdekking was eintlik die begin van die herklassifisering van die "planete" 1 Ceres tot 4 Vesta[6] as asteroïdes, want dit het duidelik geword hierdie vier liggame was maar die grootste vier van ’n hele nuwe soort ruimtevoorwerp.