50 Cent | |
---|---|
50 Cent buite 'n gebou in New York Stad in 2006 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Curtis James Jackson III |
Ook bekend as | 50 Cent |
Gebore | 6 Julie 1975 Suid-Jamaika, Queens, New York Stad, V.S.A. |
Oorsprong | New York Stad, New York, VSA |
Genres | Kletskuns, hip-hop |
Beroep(e) | Kletskunstenaar Akteur Entrepreneur Sanger Uitvoerende Vervaardiger |
Jare aktief | 1998 – hede |
Etikette | Jam Master Jay Columbia Violator Aftermath/Shady/G-Unit/Interscope Ill Flava Records Baby Ray Productions |
Assosiasies | G-Unit, Eminem, Dr. Dre, Mobb Deep, Sha Money XL, Ciara, Karl Hinds, Akon |
Webwerf | 50cent.com thisis50.com |
Curtis James Jackson III (gebore op 6 Julie 1975),[1] verhoognaam 50 Cent, is 'n Amerikaanse kletskunstenaar, sanger, liedjieskrywer, akteur, televisievervaardiger, sakeman en belegger. Hy word ook herken onder die byname Fifty Cent en Fiddy Cent. Hy het bekendheid verwerf na die sukses van sy albums Get Rich or Die Tryin' (2003) en The Massacre (2005). 50 Cent het multi-platinum status bereik met beide albums. Hy het al ongeveer 22 miljoen albums wêreldwyd verkoop.[2]
50 Cent is gebore in Suid-Jamaika, Queens en het begin om met dwelms handel te dryf op twaalfjarige ouderdom gedurende die 1980's se kokaïenepidemie.[3] Nadat hy dwelmhandel verlaat het om 'n kletsmusiekloopbaan te volg is hy in 2000 nege keer geskiet.
Na die vrystelling van sy album Guess Who's Back? in 2002, is 50 Cent ontdek deur die kletskunstenaar Eminem en het hy 'n platekontrak by Interscope Records geteken. Met die hulp van Eminem en Dr. Dre—wie sy eerste kommersiële suksesse vervaardig het—het hy een van die wêreld se kletskunstenaars met die hoogste verkope geword. In 2003 het hy sy eie platemaatskappy, G-Unit Records, gestig wat verskeie suksesvolle kletskunstenaars soos Young Buck, Lloyd Banks en Tony Yayo gevestig het. 50 Cent het in bekgevegte betrokke geraak met ander kletskunstenaars, wat Ja Rule, The Game, Fat Joe en onlangs ook Rick Ross ingesluit het.
Hy streef ook 'n loopbaan as akteur na met verskynings in die semi-outobiografiese rolprent Get Rich or Die Tryin' in 2005, 'n rolprent oor die Irakese oorlog genaamd Home of the Brave in 2006 en Righteous Kill in 2008.