51ste Oscar-toekenningsaand

  51ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 9 April 1979
Plek Dorothy Chandler Pavilion,
Los Angeles
Aanbieder Johnny Carson
Pryse & benoemings
Beste rolprent  The Deer Hunter
Meeste pryse  The Deer Hunter (5)
Meeste benoemings  The Deer Hunter en
Heaven Can Wait (9 elk)

Die 51ste Oscar-toekenningsaand is op 9 April 1979 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1978. Dit was die eerste van verskeie agtereenvolgende seremonies waarvan die geselsprogramaanbieder Johnny Carson die aanbieder was.

Die twee gunstelinge vir beste prent was Coming Home en The Deer Hunter, albei anti-oorlogsflieks wat die Amerikaners se afkeer van die Viëtnamoorlog versinnebeeld het. John Wayne, wat twee maande later aan maagkanker oorlede is, het sy laaste openbare verskyning gemaak om die Oscar aan die vervaardigers van The Deer Hunter te oorhandig.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne