55ste Oscar-toekenningsaand

  55ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 11 April 1983
Plek Dorothy Chandler Pavilion,
Los Angeles
Aanbieder Liza Minnelli, Dudley Moore, Richard Pryor, Walter Matthau
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Gandhi
Meeste pryse  Gandhi (8)
Meeste benoemings  Gandhi (11)

Die 55ste Oscar-toekenningsaand is op 11 April 1983 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1982. Die aanbieders was Liza Minnelli, Dudley Moore, Richard Pryor, Walter Matthau.

Die seremonie is feitlik oorheers deur die prent Gandhi, wat 11 benoemings gekry en 8 Oscars gewen het.

Louis Gossett Jr. was die eerste swart Amerikaner wat ’n prys vir beste manlike byspeler gewen het vir sy rol as die harde drilsersant in An Officer and a Gentleman.

Meryl Streep het haar eerste Oscar vir beste aktrise gewen. Sy is die vorige jaar vir The French Lieutenant's Woman benoem en sou in die volgende 30 jaar nog 13 keer benoem word. Streep het in 1980 ook die Oscar vir beste vroulike byspeler ontvang vir Kramer vs Kramer.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne