57ste Oscar-toekenningsaand

  57ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 25 Maart 1985
Plek Dorothy Chandler Pavilion,
Los Angeles
Aanbieder Jack Lemmon
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Amadeus
Meeste pryse  Amadeus (8)
Meeste benoemings  Amadeus (11)

Die 57ste Oscar-toekenningsaand is op 25 Maart 1985 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1984. Die aanbieder was Jack Lemmon.

Sally Field het vir een van die hoogtepunte van die aand gesorg met haar toespraak toe sy die Oscar vir beste aktrise wen: "The first time I didn't feel it, but this time I feel it, and I can't deny the fact that you like me, right now, you like me!"[1]

Die wenner van die prys vir beste manlike byspeler, Haing S. Ngor, was ’n Kambodjaanse snydokter wat die wreedhede van die Khmer Rouge oorleef het. Hy het gewen vir sy rol in The Killing Fields, al het hy geen vorige ondervinding van toneelspel gehad nie. Hy is net een van twee nie-professionele akteurs wat dit nog reggekry het.

Die 77-jarige Peggy Ashcroft was die oudste aktrise wat nog die Oscar vir beste vroulike byspeler gewen het, vir A Passage to India.

  1. Oscar acceptance speech: Littlereview.com

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne