59ste Oscar-toekenningsaand

  59ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 30 Maart 1987
Plek Dorothy Chandler Pavilion,
Los Angeles
Aanbieder Chevy Chase, Goldie Hawn,
Paul Hogan
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Platoon
Meeste pryse  Platoon (4)
Meeste benoemings  Platoon en
A Room with a View (8 elk)

Die 59ste Oscar-toekenningsaand is op 30 Maart 1987 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1986. Die aanbieders was Chevy Chase, Goldie Hawn en Paul Hogan.

Dit was die laaste seremonie vir 23 jaar wat meer as een aanbieder gehad het, tot met die 82ste Oscar-toekenningsaand met Alec Baldwin en Steve Martin.

Die wenner in die kategorie vir beste aktrise, Marlee Matlin, was die eerste en enigste dowe Oscar-wenner. Sy is ook die jongste mens wat die prys vir beste aktrise gewen het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne